PSALMS 103:8-11 AFR83
[8] Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. [9] Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie. [10] Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, [11] want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.
https://bible.com/bible/6/psa.103.8-11.AFR83
